- Ubuntu word nou opgegradeer na weergawe 10.04 LTS. Hierdie is 'n uitgawe met langtermyn bystand, die vrug van twee jare se harde werk. Dit sal onderhou word vir drie jaar — tot April 2013.
- Die opgraderingsproses kan 'n rukkie duur. Intussen, wil ons u graag vertel van die nuwe eienskappe wat u na afhandeling kan verwag.